In my vorige skrywe het ek die aandag gevestig op hoe belangrik die werkwoord in Koreaans is. Een van die belangrikste werkwoorde wat ek redelik gereeld gebruik is -있습니다 / -isseumnida (formele vorm) of -있서요 / -isseoyo (gewone vorm). (Die basisvorm is 있다 / itda.)
Hierdie werkwoord verklaar die bestaan of teenwoordigheid van iets. Byvoorbeeld, as ek na 'n winkel toe gaan en vra of 'n hulle 'n bepaalde produk het, kan hulle bevestigend antwoord: 내, 있서요 / Nae, isseoyo -- "Ja, [dis] teenwoordig."
Die afwesigheid of nie-bestaan van iets word uitgedruk met die werkwoord 없습니다 / 없어요 -- obseumnida / obseyo. (Die basisvorm is 없다 / obtda.) Indien die produk waarvoor ek gevra het nie beskikbaar is in die winkel nie kan die klerk eenvoudig antwoord 없습니다; met ander woorde, "[Dit] bestaan nie."
So hoe gebruik ek hierdie werkwoorde met 'n subjek in die sin? In Koreaans word die subjek van die sin aangedui deur 'n agtervoegsel aan die subjek/selfstandigenaamwoord te voeg: -이 (word "ie" uitgespreek) vir 'n woord wat met 'n konsonant eindig en -가 (word "gha" uitgespreek) vir 'n woord wat met 'n vokaal eindig.
Veronderstel ek wil weet of die winkels piesangs het. Piesangs in Koreaans is "banana" 바나나 (byna soos in Engels) en omdat dit met 'n vokaal eindig gaan ek die subjekagtervoegsel -가 byvoeg:
바나나가 있습니까? Bananagha isseumnikka? (Formele vorm)
바나나가 있어요? Banangha isseoyo? (Gewone vorm)
Direk vertaal beteken die bostaande sinne "Piesang[s], bestaan?" 'n Gekontekstualliseerde vertaling sal wees: "Is hier piesangs?" of "Het julle piesangs?"
Die klerk kan dan in die negatief antwoord 없어요, "[Piesangs] bestaan nie" of positief: 있습니다 / "[Piesangs] bestaan," met ander woorde, "Nee, ons het nie piesangs nie" of "Ja, ons het piesangs." Let dat dit nie nodig is om die woord 바나나가 / piesangs in die antwoord in te sluit nie omdat dit uit die konteks afgelei word wat die onderwerp van die sin is.
Die -이/가 있늡니다, -이/가 없습니다 vorm is baie belangrik omdat 'n mens dit byna konstant gebruik in jou daaglikse omgaan. Wanneer jy 'n bepaalde produk soek, of as jy wil weet of daar varkvleis in die dis is wat jy wil bestel, of om te verneem of 'n student teenwoordig is, of om te verklaar dat iemand nie 'n brein het nie, is hierdie vorm van kardinale belang.
Sunday, 26 September 2010
Sunday, 22 August 2010
Alles gaan om die werkwoord
Ek is terug vanaf my vakansie en het weer bietjie tyd om op Koreaans te fokus. Hierdie skrywe gaan nie juis fokus op wat ek tans besig is om te leer nie, maar 'n begrip wat ek reeds redelik onder die knie het -- die belangrikheid van die Koreaanse werkwoord..
Ek het vroeg in my omgang met Koreaans besef dat dit is die werkwoord wat die kern van enige sin is. In 'n Afrikaanse of Engelse sin is dit die subjek-werkwoordkombinasie wat belangrik is. Daar moet iets wees wat iets doen. In Koreaans hoef die subjek (of objek) nie noodwendige genoem te word nie. 'n Sin is heeltemal korrek deur slegs 'n werkwoord te hê. 'n Sin soos "hamnida" ( 합니다 ) is heeltemal aanvaarbaar. 합니다 beteken basies doen.
Veronderstel ek's in die kombuis en jy is in die kamer en jy hoor iemand die skottelgoed was. Veronderstel jy roep uit die kamer en vra "Wie was die skottelgoed?" In hierdie geval kan ek bloot antwoord 합니다 / doen. Uit die konteks sal enige Koreaner aflei dat dit ek (subjek) is wat die skottelgoed (objek) was / doen (werkwoord). Jou oorspronklike vraag "Wie was die skottelgoed?" is in Koreaans waarskynlik te bonkig. Dit is moontlik beter om eenvoudig te vra 합니까? (doen?). As ek 'n Koreaner is sal ek uit die "doen?" aflei dat jy vra wie besig is om wat (skottelgoed) te doen / was. Ek kan dan antwoord met 합니다 (doen) of indien ek bietjie meer spesifiek wil wees "na-neun hamnida" 나는 합니다 (ek doen).
Die werkwoord is die belangrikste deel van enige sin en kom aan die einde van die sin. Indien ek enige ekstra inligting wil noem, plaas ek dit voor die werkwoord in die sin.
Veronderstel ek wil sê dat ek doen iets, byvoorbeeld ek studeer, sal ek in Koreaans sê: "studies doen" 공부 합니다. Let dat die subjek is absent. Dis nie nodig om te noem dat ek studies doen nie. Dit word uit die konteks afgelei. Dalk wil ek die sin uitbrei deur te noem wat? ek studeer. Ek kan dan bloot "Koreaans" vooraan my sin voeg sodat dit "Koreaans studies doen" lees: 한국말을 공부 합니다. Miskien wil ek byvoeg waar? ek die studies doen -- in 'n instituut / "hagwon": "Instituut-by Koreaans studies doen" 하관서 한국말을 공부 합니다.
'n Interesante ding is dat buiten vir die werkwoord is die orde van die ander inligting nie juis belangrik nie. Ek kan bywoord die orde vanaf "Instituut-by Koreaans studies doen" na "Koreaans studies instituut-by doen" verander sonder dat die betekenis substansiëel verander. Die basiese beginsel is dat die werkwoord die belangrikste deel is en dat dit altyd aan die einde van die sin kom. Dit impliseer ook dat hoe nader die inligting aan die werkwoord is, hoe belangriker ag ek die inligting. In my twee sinvoorbeelde hierbo is die feit dat ek Koreaans leer meer belangrik in die eerste geval en die feit dat ek dit by 'n instituut leer meer belangrik in die tweede geval.

Wednesday, 28 July 2010
Dankie tog vir woordeboeke
Ek het selde met Koreane te doen wat minder Engels kan praat as wat ek Koreaans kan praat. Gewoonlik het die meeste Koreane 'n effe groter Engelse woordeskat as wat ek 'n Koreaanse woordeskat het. Dit beteken dat alhoewel baie Koreane nie Engels kan praat nie, kan ek myself darem laat verstaan word, deur Engelse woorde tussen my geëikte Koreaanse frases te sprinkel. Vandag was anders.
Vandag moes ek gaan besigheid doen met 'n man watse Engelse begrip sowaar minder is as my Koreaanse begrip. Op 'n skaal van een tot tien is ek seker twee, neig na drie. Hierdie man se Engelse vermoë is skaars 'n een. Nietemin, met handgebare en my selfoon (wat 'n handige Engels-Koreaanse woordeboek op het), kon ons mekaar darem genoegsaam verstaan om die transaksie te voltooi en so bietjie "small talk" te hê wat nodig is vir toekomstige besigheid.
Ek het aan hom genoem dat ek graag weer in November 'n herhaling van ons besigheidstransaksie wil hê en hom verseker dat ek gaan my Koreaans verbeter teen dan. Hy het ook belowe om soortgelyk aan sy Engels te werk.
Die laaste ruk was ek, om eerlik te wees, nie so gemotiveerd om Koreaans te leer soos 'n ruk gelede nie. My Koreaanse vermoeë is "Survival Korean" en is goedgenoeg om met redelike gemak in Korea oor die weg te kom. Ek kan in die winkels vir pryse vra, ek kan kos in restaurante bestel, ek kan die taxi-drywer aansê waarheen om my te neem. Dis genoeg om te oorleef in Korea.
Maar dis nie genoeg om besigheid te doen nie. Vandag se interaksie het my weer lus gegee om Koreaans te leer. Dit het my weer 'n rede gegee. Ongelukkig is dit slegte tydsberekening omdat ek volgende week op vakansie gaan. Nietemin, my boeke lê op my lessenaar, gereed vir my om weer aan die studeer te kom.

Monday, 5 July 2010
Waar begin ek?
My nuwe gedetermineerdheid om Koreaanse te leer, en die saadjie vir hierdie blog, het hier begin.
Ek het ook vir my sekere boeke gekry wat ek dink belangrik gaan wees vir my selfstudie in Koreaans. Hollym se "Alive Korean Language"-reeks is die onderbou vir my studie en dit is waarop ek gaan fokus, veral nou tydens my vakansie. Dis vier boeke wat elk op een van die taalvaardighede (skryf, lees, luister, praat) fokus.
Ek vul my studie aan met ander boeke: Tuttle se Korean in a Hurry, Darakwon se Korean Picture Dictionary, Tuttle se Making Out In Korean en 'n woordeboek. Ek het ander boeke ook, maar ek gaan fokus op die genoemde boeke. Making Out In Korean is 'n boekie waarmee ek deesdae in my rugsak rondloop en so dan en wan deur blaai. Dis 'n oulike boekie omdat die uitdrukkings bevat wat in geen ander formele boek of woordeboek te vind is nie.
Verder probeer ek om so af en toe 'n Koreaanse TV-program of film te kyk. Ek gebruik Engelse onderskrifte, maar probeer luister na die Koreaanse woorde, en probeer om woorde of uitdrukkings te herken.

Waar begin mens?
Wanneer jy Koreaans wil leer is die eerste en belangrikste stap om die Koreaanse alfabet 한글 te leer. 한글 is 'n baie maklike skrif omdat dit foneties is, soortgelyk aan die manier wat Afrikaans die Romeinse letters gebruik. Daarinteen is Engels baie moeilik omdat Engelse woorde nie konsekwent uitgespreek word volgens die Romeinse letters waaruit die woord gebou is nie. Byvoorbeeld "through," "blue," "crew," "flu," "flew," "boo" gebruik elk 'n eiesoortige spelling om een vokaal te verteenwoordig. In Afrikaans het ons twee maniere om hierdie klank te spel, die algemene "oe" en partykeer "u"; byvoorbeeld "boer" en "mugu." In Koreaans is daar slegs een karakter was hierdie vokaal verteenwoordig: ㅜ.
Die Internet is vol webblaaie waar jy 한글 kan leer. Hier is een bladsy (Omniglot), met baie handige skakels.
Ek het lang gelede reeds geleer om 한글 te lees. My leesspoed is nog effe stadig, maar dit is vinniger, sou ek sê, as die tipiese 미국 (uitlander). Die groot geheim om jou leesspoed te verbeter is om nie een karakter op 'n slag te lees nie, maar om een lettergreep op 'n slag te lees. Byvoorbeeld, my naam bestaan uit vyf klanke: ㅅ+ㅏ+ㅇ+ㅋ+ㅜ. In Koreaans word lettergrepe saam gegroepeer. My naam bestaan uit twee lettergrepe: 상쿠. In plaas daarvan om elke karakter te lees, lees ek 'n groep karakters -- 'n hele lettergreep op 'n slag. Sodoende versnel jou leestyd aansienlik. Aanvanklik gaan dit bietjie stadig gaan omdat jy nog eers die klanke moet erken, maar eens jy die klanke gemaklik herken is die lees redelik eenvoudig.
Later kom 'n mens agter dat sekere klanke mekaar se uitspraak beïnvloed, wat dan jou spoed bietjie breek. Dis waar ek nou is.

Welkom
안녕하십니까. 저는 상쿠 입니다. 저는 남아공 사람 입니다.
Vrede, het jy? Ek Sanko is. Ek Suid-Afrika mens is.
“Goeie dag. Ek is Sanko. Ek is ’n Suid-Afrikaner.”
Nou ja, ek het myself belowe dat ek gaan meer tyd spandeer om Koreaans te leer. My vakansie het gister begin, so vandag is ’n goeie dag om amptelik die Koreaans by die horings te vat en vir hierdie doel het het ek hierdie blog begin.
Hoekom is hierdie blog in Afrikaans? Seker omdat ek soveel van my tyd in Engels spandeer. Om die blog in Afrikaans (en Koreaans) te skryf, gee my dus ‘n geleentheid om in oefening te bly met Afrikaans. Ek wonder egter hoe dit my aanleer van Koreaans gaan beïnvloed. Ek dink die meeste van die tyd in Engels, die grootste deel van my leesstof is in Engels, en my Koreaanse taalaanleerboeke is ook in Engels. Dalk help hierdie Afrikaanse blog om Koreaans beter te integreer in my tweetalige-leksis; of dalk gaan dit die taalaanleerproses strem. Ons sal maar sien.

Subscribe to:
Posts (Atom)